Nieu-Bethesda

Written by Ruan Myburgh




December 25, 2022

‘n Pragtige stukkie van die Karoo. Ek was bevoorreg om hierdie mooi dorp te leer ken toe ek vir ‘n vriend se troue in ge ry het van Pretoria af.

Dit is maar eintlik ‘n toeriste dorpie, met verskeie aantreklikhede, waarvan mees bekend die ‘Uil Huis’ is. Die dorp is klein genoeg om binne ‘n paar minute van een punt tot ‘n ander deur te ry met jou voertuig, maar bied genoeg aan om enige besoeker goed te bederf met sy prag.

Om hier uit te kom vat jy ‘n afdraai vanaf die Graaff Reinet pad na ‘n pad aanwyser wat sê ‘Nieu-Bethesda’. Dan ry jy deur ‘n berg pas wat sowat na 15minute die dorp aan jou bekend maak van bo.

My kar se band het geblaas so 100kms buite Nieu-Bethesda. Gelukkig het ek my spaar by my gehad en ek was baie vinnig weer op die pad. Ek het so 07:15 aangeklop by die gastehuis na afloop van ‘n 12-uur rit uit Pretoria. My vriende het my hartlik ontvang en weer baie vinnig in die bed ge sit.

Die volgende oggend ry ek weer Graaff Reinet toe om my band te vervang. Dit is die naaste ‘groot dorp’ en is sowat 40km vanaf Nieu-Bethesda. Hier kry ek sommer vir my ‘n Seatle Koffie terwyl ek wag vir die gawe band-mense om hul taak te verrig. Ek gesels toe sommer met ‘n hele paar ander mense wie dieselfde slag-gat as ek getref het.

Van hier af begin ek my tyd in hierdie stof dorp net meer en meer te geniet, waar elke dag afgesluit word met ‘n pragtige sonsak tussen die valleie, en die blêr van skape jou herriner hoe pragtig die karoo is.

Ek hoop om eendag weer terug te kom na hierdie dorp. Dalk sal ek hier kom skuil vir ‘n paar weke en ‘n boek kom skryf. Dit is tog ‘n groot aanloklikheid vir skrywers en kunstenare om na hierdie dorp te kom vir ‘n wegbreuk.